FORESTS OF THE MIND
Na die Kruger Wildtuin het ons na Merry Pebbles net buite Sabie geskuif. Die kamp is groot, met heerlike groen gras en groot bome wat baie welkom was na die droë wildtuin. Die Sabie omgewing is groen en welig met groot denneboomplantasies. Ons bure by die kamp was Dave en Janet met hulle hond Zorro. Zorro het ook net 3 bene – hy het in sy jeug vir’n week in ‘n strik vasgesit terwyl Janet die wêreld omgekeer het om hom te soek. Nadat die persoon wat die strik gestel vir Zorro vrygelaat het kon hy homself tot by die huis sleep. Ongelukkig kon die veearts nie sy agterbeen red nie en tot vandag toe kan jy ‘n vae lyn in sy agterlyf se hare sien waar die strik hom vasgedruk het. Zorro het in die Fortuner geklim en wou nie regtig uitklim nie Vandag is hy ‘n ou man, living his best life terwyl hy oral saam met Dave en Janet kamp. Ons het op ‘n paar daguitstappies gegaan – die eerste was na God’s Window buite Graskop met uitsigte so groot soos die Heer se genade. Die...